• Juan-Ri

Skoenlapper Metamorfose

My girls love skoenlappers!

Nog elke keer, wanneer ons buite speel of gaan draf het ons probeer om een te vang, maar was nog altyd onsuksesvol.






Verlede week het ons skoenlappervlerkies uitgenkip en begin verf as deel van die kids se weeklikse kuns-aktiwiteite. Die vlerkies dien toe nou ook sommer as deel van hul kostuums vir die speel-speel high tea slash parTEA wat ek graag vir hulle uiteen wou sit, aangesien ons nou net in en om die huis uitstappies kan hê. 


Maar God het reeds vir my ‘n baie spesiale boodskap ingedagte gehad.


Albei was pas opgedress in ‘n pragtige geel-rokkie met hul eie handgemaakte skoenlappervlerkies - en dis tóé dat die mooiste geel skoenlapper op Franco se voet kom sit. Ja, geel. Baie versigtig het ons in die huis kom sit sodat die dogtertjies ‘n geleentheid het om hom vas te hou en van naby te kon bekyk. Hulle was in ekstase!




Is dit dan alles net toeval?


Ek kon nie help om na te dink oor die skoenlapper óf die geel nie. Ook kon ek nie my dogtertjies se bewondering miskyk nie. Die realiteit is dat daardie skoenlapper deur baie stadiums moes gaan om te wees wat dit vandag is, en om te lyk soos wat dit vandag lyk.




Die simboliek van ‘n skoenlapper is: verandering, a.k.a metamorfose.


En die kleur geel kan twee baie uiteenlopende betekenisse hê: dit is die kleur van “blydskap, optimisme, kunstigheid, sonskyn en lente” maar, dit kan ook “cowardice, betrayal, egoism, and madness,” beteken.


Is dit net toevallig dat waarskuwingstekens ook geel is?


Eerlikwaar, soos wat hierdie lockdown langer raak verg dit al hoe meer van my om positief te bly. Die hartseer emosies en negatiewe denke is sekerlik normaal. Dis menslik om nie ‘n uitkoms te sien nie, omdat ons nie die lewe of die eindbestemming sien soos wat God dit sien nie. Maar ons moet versigtig wees dat dít ons nie oorneem nie.


My konklusie is dat die lewe mens deur hierdie ongemaklike situasies en stadiums dwing, sodat ons op die ou einde van die dag die beste weergawe van onsself kan wees.

Wees versigtig om God as jou fokuspunt te verloor en onthou van metanoia: “the journey of changing one’s heart, mind, self or way of life.”


Ons almal het een ding in gemeen en dis dat ons almal deelneem aan hierdie reis, of metamorfose van LEWE. Nie een van ons is ‘n gebore skoenlapper nie. Probeer verander (of transformeer) en verbeter. Gee alles vir God, veral die dinge waaroor ons geen beheer het nie.


Nee, niks wat hier gebeur het is per toeval nie.


Romans 12:2

And do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, so that you may prove that the will of God is, that which is good and acceptable and perfect.



0 views